Afrikaans: 10 kitsfeite

  • 0

In 1652 het die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) ’n verversingspos aan die Kaap van Goeie Hoop gevestig. Slawe is vanaf 1658 na die Kaap ingevoer; hulle het die tale Maleis en Portugees saamgebring.

Tafelbaai met skepe van die Oos-Indiese Kompanjie (VOC), c 1683 (Wikimedia Commons)

Hierdie tale was die lingua francas in gebruik binne die Indiese Oseaan-handelsbedryf van die VOC. Afrikaans het plaaslik as ’n taal van kontak binne hierdie koloniale en multitaalmilieu ontwikkel. Vroeë taalkontak tussen Nederlandse handelaars en inheemse Khoi-Khoi het reeds in 1595 plaasgevind.

Handelsgebied van die VOC rondom 1700 (die Oos-Indiese Eilande) (Wikimedia Commons)


 

Hier is 10 kitsfeite oor Afrikaans:

1. Afrikaans is die derde mees gesproke taal in Suid-Afrika (Engels is vierde).

Persentasie van die Suid-Afrikaanse bevolking wat Afrikaans as hul eerste taal praat, volgens Census 2011 (Wikimedia Commons)

2. Afrikaans is die enigste Wes-Germaanse taal wat buite Europa ontwikkel het.

– Afrikaans is daarom ’n Afro-Germaanse taal: dit het in Afrika ontwikkel en word in Afrika gepraat.

3. Afrikaans is ook ’n Suider-Afrikaanse kreoolse taal: hierdie taal met verskillende invloede word ook in Namibië, Zimbabwe en Botswana gepraat.

– Hierdie kreoolse taal het in die 17de eeu ontwikkel in die Nederlandse kolonie, die Kaap van Goeie Hoop, onder die invloed van Nederlands, Khoi-Khoi en die gesproke taal van die slawe (bv Maleis).

- piesang (Maleise invloed)
- baadjie (Maleise invloed)
- gogga (Khoi-Khoi-invloed)
- baie dankie (Nederlands hartelijk dank en Maleis banyak)

4. In Suid-Afrika is minder as die helfte ‒ 40% ‒ van Afrikaanssprekendes wit. 

5. Die Kaapse Moslemgemeenskap het ’n baie belangrike rol gespeel om die vroeë Afrikaans op te teken. Die eerste gepubliseerde Afrikaanse teks was die religieuse book Gablomatiem (1856). Dit was in Kaaps-Hollands in Arabiese skrif geskryf, nie in Romeinse skrif nie.

’n Pamflet (oproep om te gaan stem) in Arabiese Afrikaans, 1872 (Wikimedia Commons)

Die Heilige Koran, in Afrikaans vertaal, word in die Atlas Trading Company in die Bo-Kaap geadverteer (2013) (Foto: Menán van Heerden)

6. Afrikaans het baie variëteite, bv Kaaps, Oranjerivierafrikaans en Standaarafrikaans.

7. Die bg variëteite is self heterogeen; Standaardafrikaans sluit bv in: Gariep-Afrikaans, Griekwa-Afrikaans, Nama-Afrikaans en die Afrikaans van die karretjiemense.

8. ’n Nederlandse taalkundige, DC Hesseling, het reeds in 1899 die Maleis-Portugese invloed op Afrikaans nagevors en gepubliseer in Het Afrikaansch (Leiden: EJ Brill). Soos reeds genoem, was Maleis-Portugees die lingua franca van die internasionale seevaarthandel in die Indiese Argipel.

9. Die vroegste gepubliseerde Afrikaanse woordelys is in 1844 deur ’n Nederlander, ANE Changuion, opgestel, getiteld “Proeve van Kaapsch taaleigen”.

Die Nederlandse taalkundige DC Hesseling (Wikimedia Commons) en die Nederlander ANE Changuion (Wikimedia Commons)

1848-uitgawe van “Proeve van Kaapsch taaleigen” (Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren)

Die uniekheid van vroeë 19de-eeuse Kaaps-Hollands word hierin weerspieël; hier is voorbeelde van woorde en hulle verklarings:

-  Afrikaander, Kapenaar. Men verstaat daardoor elk kolonist, die niet door geboorte of afkomst een buitenlander is [wit afstammelinge van Nederlanders gebore in Suid-Afrika].

- Alláh! God. Deze Turksche benaming van het Opperwezen, wordt in navolging der Maleijers, gedurig als een uitroep misbruikt.

- Atjar, zuur, d i vruchten of groenten in azijn gelegd.

- Baatje (baaitje, van baai, wollen stof); buis of mouwvest – Hij krijg op zyn baatje; hij krijgt slaag.

- Bajan, veel. – Ook wel banje.

- Biltong, rookvleesch, aldus genaamd omdat het veelal uit een bilstuk gesneden wordt, en in gedaante eenigzins met eene gerookte ossentong overeen komt.

- Boeta of Boetje (in de kinderspr); broertje.

- Gevreet, verachtelijke benaming voor het aangezigt, nog erger dan het Holl bakkes of bakhuis.

- Kombuis (scheepswoord), algemeene benaming voor de keuken.

- Lekker, aangenaam: die pen schrijft lekker.

Unieke taal, unieke woordeskat

- Mos of mus; immers: ik weet mos wat ik doe.

- Motje, tante, verkleinw van moei.

- Pierinkie, theeschoteltje of bordje.

- Sies! uitroep van afkeuring; foei! – Het is de fluitletter met verontwaardiging tusschen de tanden doorgedreven, en het woord is veel nadrukkelijker dan ons foei!.

- Sambok, zekere soort van karwats, uit de huid van een zeekoe gesneden.

- Sambreel, parapluie of regenscherm.

10. Afrikaans is lekker!


 

Lees ook:

Lekker Afrikaanse woordeskat: kanalla, poenankies, nxa!

Menán van Heerden
Over taal

"Hier is ’n lys van lekker woorde uit verskillende Afrikaanse variëteite."


Afrikaans: the language of dissent

Menán van Heerden
Seminare en essays

"The language also bears the imprint of a fierce tradition of anti-imperialism, anti-colonialism, of an all-embracing humanism and anti-apartheid activism."



 

Bronne:

Afrikaaps, regie deur Dylan Valley. Kaapstad: Plexus Films, 2010. Dokumentêre film.

Census 2011: census in brief. statssa.gov.za. Datum onbekend. http://www.statssa.gov.za/census/census_2011/census_products/Census_2011_Census_in_brief.pdf.

Gosselink, Martine, Maria Holtrop en Robert Ross (reds). Good Hope: South Africa and the Netherlands from 1600. Rijksmuseum, Vantilt Publishers, 2017.

Hesseling, DC. Het Afrikaansch: bijdrage tot de geschiedenis der Nederlandsche taal in Zuid-Afrika. Leiden: Boekhandel en Drukkerij, 1899.

Jansen, Ena. Afrikaans: a language on the move. In Good Hope: South Africa and the Netherlands from 1600. Gosselink, Martine, Maria Holtrop en Robert Ross (reds), ble 335–43. Rijksmuseum: Vantilt Publishers, 2017.

Kannemeyer, JC. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur I. Kaapstad: Academica, 1978.

Lubbe, Johan en Theodorus du Plessis (reds). South African Language Rights Monitor 2008: Seventh report on the South African Language Rights Monitor Project. SUN PRESS (Aanlyn). Googe Books.

Titus, Danny. Afrikaanse boek van bruin kant ‒ taal en identiteit op die Afrikaanse werf. In Ons kom van vêr: bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans, Carstens WAM en Michael le Cordeur (reds), ble 182–203. Tygervallei: Naledi, 2016.

Van der Merwe, HJJM. Vroeë Afrikaanse woordelyste (1971). Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren (Aanlyn). http://www.dbnl.org/tekst/merw002vroe01_01/merw002vroe01_01_0002.php.

Van Rensburg, Christo. So kry ons Afrikaans. Pretoria: Lapa, 2012.

Willemse, Hein. The hidden histories of Afrikaans. up.ac.za. 22 Februarie. 2016. http://www.up.ac.za/en/faculty-of-humanities/news/post_2235567-the-hidden-histories-of-afrikaans.

Buro: MvH
  • 0
Top