Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout is ’n beeldende kunstenaar, digter, sanger en akademikus. As beeldende kunstenaar skilder hy meestal landskappe; hy het twee digbundels gepubliseer en ’n aantal musiekalbums uitgereik, waarvan die mees onlangse Slaaptyd in die suburbs saam met die Brixton Moord & Roof Orkes is. Hy doseer ontwikkelingstudies aan die Universiteit van Fort Hare en woon in Alice. Sy mees onlangse akademiese publikasie is Labour beyond Cosatu: Mapping the rupture in South Africa’s labour landscape (Wits University Press, 2017) waarvan hy, saam met Malehoko Tshoaedi, die mederedakteur is.

Uitvoergehalte: Brixton Moord en Roof se Strate sonder bome

Izak de Vries, Andries Bezuidenhout Muziek 2023-12-12

"Musiek is soms mos maar iets wat ons help om dinge te probeer verwerk wat nie eintlik verwerkbaar is nie of om iets te probeer verwoord wat nie verwoord kan word nie."

Om oor Hendrik Witbooi en rap te praat

Andries Bezuidenhout Academisch 2020-12-17

"Kulturele produksie – in hierdie geval musiek en liriek in die vorm van hip-hop en rap – gaan oor meer as net vermaak en plesier (dit gaan daaroor ook), maar kan ’n manier wees om die wêreld anders te verbeel en om daardie verbeeldings aan ander te kommunikeer."

Week van de Afrikaanse roman 2017: Andries Bezuidenhout

Menán van Heerden, Andries Bezuidenhout Literatuur 2018-01-23

"België het ook ’n eie nasionale skildertradisie, wat ek fassinerend vind. Om voor ikoniese skilderye te kan staan en die kwaswerk van nader te kan bestudeer – wat jy nie in boeke kan doen nie – is vir my ’n helse voorreg."

Verified by MonsterInsights
Top