Daniel Hugo

Daniel Hugo (1955) het Afrikaanse en Nederlandse letterkunde studeer aan die universiteite Stellenbosch, Pretoria, Vrystaat en Leuven.

In 1989 word ’n DLitt aan hom toegeken vir ’n proefskrif oor die vernufpoësie in Afrikaans. Hy was ’n literêre programmaker by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK en is deesdae ’n voltydse vertaler en digter. Sy jongste digbundel, Openbare domein, het in 2018 verskyn.

Hy het reeds meer as 50 boeke uit Nederlands en Engels vertaal. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het hom twee keer bekroon vir sy vertalings uit Nederlands, naamlik vir Tom Lanoye se Sprakeloos en Stefan Hertmans se Oorlog en terpentyn.

Hy is getroud met die joernalis Marlene Malan.

  • Foto: Marlene Malan

Daniel Hugo oor digterlike gesprekke, Vers & Kapittel II en welkome hulde aan Ina Rousseau

Willem de Vries, Daniel Hugo Interviews 2024-02-02

Die poësie en sy beoefenaars kort voortdurende bekendstelling en bewusmaking, sê Daniel Hugo, ’n meermaal bekroonde vertaler en digter in ’n gesprek oor sy tweede versamelbundel oor die digkuns, Vers & Kapittel II (en hy werk reeds aan ’n derde versameling). Hy is ook die redakteur van ’n belangrike bestekopname en huldiging van Ina Rousseau, Digter van die kwiksilwerwoord, wat pas verskyn het. Hy het met Willem de Vries oor gedigte, digters en brûe tussen letterkundes gesels.

Vogelgedichten / Voëlgedigte deur Benno Barnard, vertaal deur Daniel Hugo

Benno Barnard, Daniel Hugo Literatuur 2024-01-15

Hierdie gedigte is nog nooit voorheen gepubliseer nie. Dis Benno Barnard se eie werk en verskyn met sy toestemming. Daniel Hugo het die gedigte vertaal en sy vertalings verskyn ook met Barnard se toestemming op Voertaal.

Nachoem M Wijnberg oor Liedjes/Liedjies: "Vertalen maakt een belangrijk deel uit van wat poëzie is."

Willem de Vries, Daniel Hugo, Nachoem M Wijnberg Interviews 2022-01-24

Die poësie van Nachoem M Wijnberg het vir die digter Alfred Schaffer die deur na die skryf van poësie geopen. Só het Schaffer gesê toe hy gevra is na wat Wijnberg, een van die belangrikste eietydse digters in Nederland, vir sy eie skryfwerk beteken, en die nuus dat Daniel Hugo Wijnberg se bundel Liedjes in Afrikaans as Liedjies (imprimatur) vertaal het. Willem de Vries gesels met Wijnberg en Hugo oor die pasverskene bundel vertaalde poësie Liedjes/Liedjies.

’n Videogesprek met Daniel Hugo

Yves T'Sjoen, Daniel Hugo Interviews 2021-10-01

Bruggenhoofden is Yves T'Sjoen se Voertaal-gespreksreeks oor kulturele bemiddelaars in die Lae Lande en Suid-Afrika. In hierdie eerste gesprek gesels Yves met die digter en vertaler Daniel Hugo.

Hugo en T’Sjoen deel insigte en nuus oor Claus se grootse werk Het verdriet van België, wat binnekort in Afrikaans verskyn

Willem de Vries, Daniel Hugo, Yves T'Sjoen Interviews 2020-02-26

Die veelsydige Vlaamse meester Hugo Claus se roman en magnum opus, Het verdriet van België, verskyn binnekort in Afrikaans. Daniel Hugo verwys na die boek as die grootste uitdaging én hoogtepunt van sy vertaalloopbaan. Die hoogleraar Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent is nou betrokke by interessante programme oor Claus in Vlaandere en Suid-Afrika wat vir Mei rondom die vertaling beplan word en bied van sy insigte in hierdie meesterwerk. Hugo en T’Sjoen het Willem de Vries se vrae beantwoord. 

Breytenbach op 80: Perspektiewe | Perspectieven op Breytenbach – Daniel Hugo en Job Degenaar

Daniel Hugo, Job Degenaar Literatuur 2019-09-12

By geleentheid van die tagtigste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 September 2019 is ’n digitale publikasie saamgestel waarin daar aandag gegee word aan afsonderlike gedigte uit sy omvangryke oeuvre.

Daniel Hugo: "Die slotwoorde eggo ook die titel van een van Breyten se tronkbundels, naamlik Lewendood, en hou verband met die digter se Boeddhistiese siening van die verweefdheid van lewe en dood. Op dieselfde paradoksale wyse kan die digter tegelyk blind wees én sien."

Job Degenaar: "Het gedicht 'Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif' verscheen in de bundel Lotus en is een brief in dichtvorm aan de geliefde. Het boekwerk verscheen onder het pseudoniem Jan Blom. In die tijd schreven veel Zuid-Afrikaanse auteurs onder pseudoniem vanwege de ingestelde censuur."

Uitnodiging na Gent lei tot wedersyds verrykende program vir vertaler en digter Daniel Hugo 

Willem de Vries, Daniel Hugo Interviews 2019-02-13

Daniel Hugo, ’n bekende Afrikaanse digter wat al meermale bekroon is vir sy vertalings uit Nederlands, is die eerste vertaler wat ná die instelling van die leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij aan die Universiteit van Gent daarheen genooi is. Hy het Willem de Vries se vrae beantwoord oor sy werk, optredes en ervarings daar as "vertaler op kampus".

Uit de archieven van Maandblad Zuid-Afrika: Vertaalatelier

Ingrid Glorie, Rob van der Veer, Dorien de Vries, Zandra Bezuidenhout, Bert Aquarius, Amelia de Vaal, Titia van Wulfften Palthe, Martine Vosmaer, Elsa Silke, Daniel Hugo, Jaco Botha Vertalingen 2018-03-25

"Tussen december 2012 en december 2017 stond op de website van Maandblad Zuid-Afrika, het tijdschrift van het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam, het 'Vertaalatelier.' Hierin deden professionele vertalers Afrikaans-Nederlands, Nederlands-Afrikaans en Afrikaans-Engels verslag van lopende vertaalprojecten."

Verified by MonsterInsights
Top