Gerrit Rautenbach

Gerrit Rautenbach is ’n reisiger, reisskrywer en fotograaf. Sy reislus het begin toe sy ma vir hom Gulliver se reise voorgelees het. Hy was drie. ’n Paar jaar later het hy alleen op die Magaliesberg gaan slaap. Sedertdien het hy ’n paar nagte in ’n paar vreemder plekke geslaap. Soos die woestyn in Saoedi-Arabië. Onder die Charles-brug in Praag. Bo-op Kilimandjaro. Die diep Namib. Hy was drie jaar in Europa, 300 kilometer ver in die Arktiese Sirkel, en het meer as 20 reise deur Afrika onderneem. Op een was hy die eerste skrywer ooit wat die magiese Kuamboka-seremonie in Barotseland, Wes-Zambië opgeskryf het.

Gerrit is ’n alleenloper; hy besit nie ’n huis of ’n hond nie, maar wel ’n rugsak en ’n geldige paspoort. Sy eerste bundel reisverhale, Kopreis  (Queillerie) is in 2011 uitgegee. Hy werk nou aan ’n opvolgbundel en ’n reisroman.

Foto: Naomi Bruwer

LitNet-argief: Ou stokke, diep wyn

Gerrit Rautenbach Culinair 2017-08-10

Ouwingerd is ’n term wat al hoe meer aftrek kry by wynmakers en -liefhebbers. Gerrit Rautenbach is genooi om ’n klompie wyn van uitgesoekte ou wingerde te proe. Dit was aangebied deur die Ouwingerdprojek en hulle het ’n storie te vertel.   

Verified by MonsterInsights
Top