Hein Willemse

Hein Willemse doseer Afrikaanse letterkunde en algemene literatuurwetenskap aan die Universiteit van Pretoria. Hy publiseer hoofsaaklik oor kanonisering, kreolisering, marginalisering en bio-/outobiografie in die (Suid-) Afrikaanse letterkunde. Sy belangstelling sluit ook navorsing oor Afrikaanse en Afrika mondelinge tradisies in. Hy is ’n voormalige president van die International Society for the Oral Literatures of Africa (ISOLA) en sedert 2001 die eindredakteur van Tydskrif vir Letterkunde. Hy het voorheen gedien as besoekende professor aan verskeie universiteite in Afrika, Europa, Latyns-Amerika en die VSA.

Op weg na die volheid van die Afrikaanse taal

Hein Willemse Over taal 2019-08-30

"Afrikaans is gevorm in die monde van al diegene wat aan die Kaap en in die binneland gebly het. Dit is in hierdie kreooltaal dat ons die oorblyfsels van die slawe se vreemde tale hoor, en die spore van hul ervarings."

Nuwe leerstoel in Gent toonbeeld van internasionalisering deur Nederlands én Afrikaans, sê Hein Willemse

Willem de Vries, Hein Willemse Meningen 2018-02-12

"Dikwels, en miskien meestal – ook in Suid-Afrika – word internasionalisering vertolk as opgaan in die Engelse of Anglo-Amerikaanse akademiese wêreld. Die skakeling met Gent, die instelling van die leerstoel aldaar, is ’n toonbeeld van internasionalisering deur Nederlands én Afrikaans."

’n Besoek aan Alex la Guma in Havana – 32 jaar later

Hein Willemse Reizen 2018-01-22

"Hier onder die bruin marmer van Emigrados Revolucionarios Cubanos behoort hy vir sy stryd teen armoedeverligting, vir volle menswaardigheid, ware vryheid en gelykheid aan Kuba net soos hy aan Suid-Afrika behoort. Ek weet ook in die skerp sonlig van Cementerio de Colón dat die volvoering van dié droom ons meesal ontwyk."

Verified by MonsterInsights
Top