Heindrich Wyngaard

Heindrich Wyngaard is ’n meningsvormer, skrywer en lei die burgerregte-organisasie Kaapse Forum.

’n Nuwe stryd om die hart en siel van die Kaap van Goeie Hoop

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2024-04-16

"Maar weens die gesogtheid van die provinsie as ’n kroonjuweel in die land – vergeleke met ander provinsies – is daar meer as genoeg rede vir die ANC en ander partye om te strewe na die beste wetgewerkantore in die straat met die Nederlandse naam – Waalstraat – in die Moederstad. Dit is kompleet asof ons teruggekeer het na die dae van kolonialisme toe daar geveg is om beheer van die Kaap van Goeie Hoop."

Ramaphosa se rol in Zuma-herlewing

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2024-04-13

"Dit is die Suid-Afrikaanse president se skuld. Matamela Cyril Ramaphosa het gedog hy doen die regte ding toe hy in Augustus verlede jaar 'spesiale remissie' aan sy voorganger, Jacob Zuma, toegestaan het."

Hoeveel politieke lewens het Zuma?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2024-03-20

"Presies hoeveel politieke lewens Suid-Afrika se vorige president, Jacob Zuma, nog oor het, is ’n raaiskoot wat ’n mens op eie risiko neem, want hier is hy al weer; dié keer in die gewaad van die nuutgestigte uMkhonto we Sizwe-party (MK)."

Suid-Afrika wag (weer) op ’n kaptein

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2024-02-15

"Maar kritici was geregverdig daarin om vinnig die tekortkominge uit te wys toe Ramaphosa in sy staatsrede ’n denkbeeldige dertigjarige Tintswalo opgediep het om te illustreer hoedat sy deur die regering se HOP-huisie aan haar ouers, met lopende water en elektrisiteit, ’n Sassa-toelaag, NSFAS-beurs en teikens vir billike indiensneming, ’n goeie verhaal het om van drie dekades van die demokrasie te vertel. Die lewe van Tintswalo het vir sterk meningsverskille gesorg, nie slegs die aand nadat Ramaphosa sy staatsrede gelewer het nie, maar ook gedurende die debat oor die staatsrede die afgelope week."

Bafana se "brose" reis na brons

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2024-02-14

"Nou sing almal ’n ander deuntjie oor die span, wat dit wonderbaarlik kon regkry om derde te eindig, terwyl hulle beslis meer as een geleentheid gehad het om tot in die eindstryd te vorder. Die groot gesprekspunt was dat weinig ’n sokkerkenner dit verwag het dat Bafana deur die groepfase na die laaste sestien spanne sou deurdring."

Dié "politieke skelm" moet in 2024 deur die kiesers aan die kaak gestel word

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2024-01-16

"Om goeie rede kan daar uitgesien word na die herdenking van die afskaffing van die ou bedeling en die oorgang 30 jaar gelede na ’n demokratiese bestel wat menswaardigheid en burgerregte aan almal belowe het soos dit nooit voorheen was nie. Maar ..."

Buthelezi en die bloed van swart geweld

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-09-21

"Die beloofde beter lewe vir Suid-Afrikaners is eweneens ’n 'onafgehandelde transaksie'. Die onus rus op Buthelezi se party en ander opposisiepartye om dit reg te stel deur die ANC se wanbestuur tot ’n einde te bring – en dit sal Buthelezi se politieke beeld, geregverdig, laat blink."

"Nieuwkomers": Hoe om deur immigrasie die nuwe met die oue te versoen

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-08-18

 "In wese kom dit daarop neer dat ruimte geskep moet word vir die nuwe, indien 'vreemde', tradisies en waardes wat saam met die 'nieuwkomers' aankom. Omdat dit nie ’n koloniale of imperiale inval is nie – nie Rusland wat op grondgebied beslag lê teen die bepalings van internasionale konvensies nie – is die versugting van die nuwelinge gewoon dat hulle hul geloof en gebruike moet kan uitleef. Of so wil dit voorkom ..."

Sidder die gerookte land

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-07-14

"Dit kan die terugkeer beteken van Msholozi se onheilspellende oorlogdans en strydlied (‘Umshini wami’) en sy gêgêgê-koggellaggie."

Zondo stel ’n goeie voorbeeld, zonder aarzeling, met staatskapingkritiek

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-06-28

"Die oproep wat die President daardie dag op elke landsburger gedoen het, was om die maatreëls te steun wat deur staatstrukture ingestel sou word 'om ons land terug te plaas op die weg van integriteit, transformasie en vordering'".

Iets goeds om op Vryheidsdag te vier?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-04-26

"Terwyl Mandela met reëlmaat aangehaal word, is daar een spesifieke aanhaling van Hani wat darem ook ’n permanente staanplek ingeneem het in die galery van gróót uitsprake of toesprake: 'What I fear is that the liberators emerge as elitists who drive around in Mercedes Benz’s and use the resources of this country to live in palaces and to gather riches.'"

En hoor jy die #2024-verkiesingsklanke?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-04-17

"Anders kan die opposisie maar koebaai sê vir die droom van ’n nasionale koalisie en moet Suid-Afrikaners hulle gereed maak vir die nagmerrie van nóg ’n ANC-termyn."

Orania maak nou die oë oop – oor selfdoen

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-02-24

"Die subteks was duidelik: dit was bedoel om aan te dui hoedat die (wit, Afrikaner-) inwoners van hierdie dorp self moue oprol en paaie bou, soos wat hulle met elke ander vorm van infrastruktuur en elke vorm van dienslewering doen. Selfdoen en selfonderhoudend wees, is die motto."

Nou maak beurtkrag nuwe kragte in SA los

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-02-01

"Beurtkrag diskrimineer nie op grond van ras nie, ook nie op grond van ekonomiese status nie. En dis nie asof jy krag by die bure kan gaan leen as hulle dalk ’n binnenshuise opwekker of die raserige opwekkers buite het nie. Saamstaan is dus die enigste uitweg – en dit is saamstaan wat die regering gedwing het om die verwagte styging in die elektrisiteitsprys, hoewel reeds goedgekeur, op ys te laat plaas. Saamstaan het dus reeds resultate opgelewer, maar dinge kan nie daar gelaat word nie, aangesien dit nog nie die einde van beurtkrag beteken nie."

#Staatsrede2023: Hoe staan sake in SA?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-01-16

"Dit het wel by hom opgekom om die pos van die bestuurshoof van Eskom, asof dit die rede vir De Ruyter se bedanking was, as ’n 'moeilike werk' te bestempel. Nuus pas in, wat ’n aanduiding van ’n kopskuif aan die kant van die president is, is dat Ramaphosa besluit het om nie die Wêreld Ekonomiese Forum se jaarlikse Januarie-beraad in Davos by te woon nie. Hy wil eerder aan die energiekrisis aandag gee – net soos wat hy in September verlede jaar sy reis na Amerika en Engeland kortgeknip het om, déjà vu, aan die energiekrisis aandag te gee. Maar vra jy Suid-Afrikaners of hulle enige verandering sedertdien ervaar het, sal hulle jou met ’n fronsende uitdrukking aanstaar."

Verified by MonsterInsights
Top