Marlies Haupt

Marlies Haupt het grootgeword in die Laeveld en in die Kaap, maar woon en werk deesdae in Gauteng. Indien sy ’n halwe keuse gehad het, het sy heeldag langs ’n idilliese strand gelê en lees. Maar toe ontdek sy die uitgewersbedryf waar lees deel van haar pligstaat is. Wanneer sy nie besig is om fiksie by LAPA Uitgewers uit te gee nie, stap, swem en lees sy graag. Onlangse ontdekkings in Johannesburg sluit die espresso martini, die Everard Read galery en Café Sol se risotto in.

Leiden-studie-uitruil: onderhoud met Marlies Haupt

Menán van Heerden, Marlies Haupt Reizen 2018-01-23

"Ek was gek oor die botaniese tuin in Leiden en het ook graag koffie gedrink, want die Nederlanders se koffie is heerlik."

Verified by MonsterInsights
Top