In het nieuws
Diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en Israel hang in weegskaal
2023-11-23"Diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en Israel hang in die weegskaal. Dit volg nadat die parlement Dinsdag ten gunste van ’n mosie gestem het wat vra vir die sluiting van Israel se ambassade in Pretoria. Die mosie vra ook vir die opskorting van diplomatieke bande tussen die twee lande namate die spanning tussen Israel en Suid-Afrika toeneem oor die Israeliese aanval op Gaza."
Miljoene Suid-Afrikaners maak gereed om volgende jaar te gaan stem
2023-11-22"Meer as ’n halfmiljoen mense het die afgelope naweek vir die eerste keer geregistreer. Dit maak 19,57% van totale registrasie-aktiwiteit uit."
Chaos by Suid-Afrikaans hawens stuur af op ekonomiese krisis
2023-11-21"Transnet erken dat die opeenhoping op paaie in Durban reeds onbeheerbare vlakke bereik het, wat ’n risiko vir padgebruikers inhou."
Dreigende waterkrisis wag op Suid-Afrikaners
2023-11-17"Van 140 rioolafvalwaterbehandelingswerke se uitvloei wat vanjaar getoets is, het slegs 19% aan die minimum standaarde voldoen."
Werkloosheid daal, maar helfte van die land se jonges steeds sonder werk
2023-11-16"Volgens Statistiek SA het werkloosheid in die derde kwartaal van vanjaar met 0,7% afgeneem en het die aantal mense wat in hierdie kwartaal in diens geneem is, tot 16,7 miljoen toegeneem."
OVK slaggereed vir kiesersregistrasie van miljoene Suid-Afrikaners
2023-11-15"Die kommissie het Dinsdag die Nasionale Vergadering se portefeuljekomitee oor binnelandse sake ingelig oor sy gereedheid vir die registrasienaweek. Miljoene Suid-Afrikaners sal na verwagting hierdie naweek vir volgende jaar se verkiesings registreer."
Polisiereservisteprogram in Suid-Afrika stort in duie
2023-11-14"Die ineenstorting van die reservisteprogram is volgens Whitfield ’n verwoestende slag vir die bekamping van misdaad, aangesien reserviste ’n kritieke kragvermenigvuldigingsrol gespeel het om die SAPD te ondersteun, omdat dit die dalende aantal personeellede help ondervang het."
Ramaphosa sê korrupsie kom al van apartheid af
2023-11-10"Die president het gesê korrupsie kom die land duur te staan. Ekonomiese groei word daardeur gesmoor en besighede ly daaronder. Ontwikkelingsprojekte en instellings misluk."
Vermeende Transnet-bedrieërs se pensioene gevries
2023-11-09"Makenete en Madubane het na bewering met verskaffers saamgespan om Transnet te bedrieg deur die prys van asemtoetsstrooitjies van 29 sent per strooitjie tot R29,99 per strooitjie op te blaas, wat ’n totale betaling van R33 834 698,40 tot gevolg gehad het."
Malema en die EFF dok duisende rand op om AfriForum te betaal
2023-11-08"Malema en sy party het Dinsdag altesaam R316 579,89 opgedok vir twee kostebevele wat in die Hooggeregshof teen hulle toegestaan is in AfriForum se suksesvolle interdikbevelaansoek."
Malema vaar uit teen die groen en goud as "simbole van apartheid"
2023-11-07"'Rugby is nie ’n wit sport nie. Hulle het dit hier gevind. Ons mense het rugby gespeel lank voor hierdie mense rugby gespeel het,' het Malema gesê."
Minister skets somber prentjie oor Suid-Afrika se finansies
2023-11-03"Staatskuld beloop R5 000 miljard en beslaan nou 75% van die land se totale BBP. Die finansieringskoste hiervan is R354 miljard per jaar. Dit is meer as die jaarlikse begroting vir die polisie, die onderwys en gesondheid."
Suid-Afrika verloor die stryd teen lugbesoedeling
2023-11-02"Van die 130 regeringsbeheerde moniteringstasies regoor die land is 21 stasies glad nie in werking nie, terwyl 84 in werking is, maar nie voldoende data rapporteer nie. Dit laat net 25 operasionele stasies oor wat nog data voldoende volgens nasionale regulasies rapporteer."
Brics-beraad jaag Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljoene uit die sak
2023-11-01"’n Parlementêre vraag het aan die lig gebring dat die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ’n verbysterende R104 350 405 bestee het om as gasheer vir die driedaagse Brics-beraad op te tree. Die DA sê dit is bykomend tot die R75 miljoen wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bestee het om deelnemers by die beraad te beskerm."
Petrolprys daal, maar minder as wat gehoop is
2023-10-31"Dit sal die eerste daling in brandstofpryse wees nadat verbruikers vier agtereenvolgende maande die knyp gevoel het van duurder brandstof."
Suid-Afrikaanse Lugdiens sprei weer sy vlerke
2023-10-27"Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), waarvan die vlerke die afgelope twee jaar geknip was, het Donderdag ’n nuwe lewe gekry met die amptelike heropening van die lugdiens in Kaapstad."
Betoging voor parlement oor omstrede Bela-wet
2023-10-26"Volgens die jongste data (School Realities 2022) is daar 22 589 openbare skole in Suid-Afrika. Gauteng het byvoorbeeld 2 056 openbare skole teenoor die 2 045 skole van 2012. ’n Skamele 12 bykomende skole ná ’n hele dekade."
OVK sit wiele aan die rol vir volgende jaar se verkiesing
2023-10-25"Suid-Afrika se Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se veldtog vir volgende jaar se algemene nasionale en provinsiale verkiesings het Dinsdag amptelik afgeskop."
Nederland se koning verwelkom betoging in Suid-Afrika oor slawerny
2023-10-24"Die Nederlandse koningspaar koning Willem-Alexander en koningin Máxima is verlede Vrydag op die laaste dag van hulle driedaagse amptelike staatsbesoek aan Suid-Afrika deur ’n groepie luidrugtige betogers ingewag wat protesteer het teen Nederland se aandeel aan die slawehandel aan die Kaap."
Nederland se koningshuis besoek Suid-Afrika
2023-10-20"Suid-Afrika en Nederland het die afgelope week die bande tussen die twee lande verder versterk tydens die Nederlandse staatsbesoek van koning Willem-Alexander en koningin Máxima."