Actueel
Verdere brandstofprysstygings na dié week se massiewe verhoging
2023-09-06"Die hoofekonoom by die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch, Hugo Pienaar, het volgens Eyewitness News gesê dit impliseer dat verbruikers in ’n groot mate in die afsienbare toekoms sal moet opdok vir hierdie hoër pryse."
Hoogste Hof van Appèl moet besluit oor "Kill the Boer"
2023-09-05"AfriForum se standpunt is dat die lied ’n duidelike voorbeeld van haatspraak is en dat dit die boere van Suid-Afrika in gevaar stel."
Omstrede Bela-wet voorlopig weer in spore gestuit
2023-09-01"Die ommekeer is deur die DA en AfriForum verwelkom. Albei organisasies het hulle sterk uitgespreek teen wat hulle bestempel as die ANC se pogings om die Bela-wetsontwerp deur die parlement te stoomroller."
Platsak Eskom wil die publiek verder melk
2023-08-31"Eskom het glo in April ’n regulatoriese skoonmaakrekeningaansoek (RCA) by Nersa ingedien waarin hy poog om R24 miljard se historiese koste- en inkomste-afwykings vir die 2021/22-boekjaar te verhaal. As Nersa hierdie aansoek goedkeur, sal dit waarskynlik bygevoeg word bo en behalwe toekomstige elektrisiteitstariefverhogings."
Swyende Ramaphosa voor stok oor Zimbabwe se "verkiesingsklug"
2023-08-30"Verslae van waarnemersendings en burgerlikesamelewingsorganisasies in Zimbabwe bevestig volgens Powell bo enige redelike twyfel dat die verkiesings nie vry, regverdig of geloofwaardig was nie."
Koalisiebestuur in Suid-Afrika weer onder die vergrootglas
2023-08-29"Tydens die komende beraad sal kenners en deelnemers koalisiebestuur in Suid-Afrika ontleed met die fokus op die kompleksiteite en probleme wat met koalisiebestuur geassosieer word."
Die relatiwiteit van emigrasie
2023-08-28"Geliefdes het die behoefte om steeds na mekaar uit te reik en deel van mekaar se wêrelde te wees, maar die werklikheid is dat hulle nou in verskillende dimensies leef."
Groter Brics sal namens helfte van die wêreldbevolking praat
2023-08-25"Sowat die helfte van die wêreld se bevolking sal van volgende jaar af in die internasionale Brics-forum verteenwoordig word. Dit volg nadat leiers van die Brics-groep besluit het om nog ses lande uit te nooi om by hul alliansie aan te sluit."
Suid-Afrikaners draai die rug op Eskom
2023-08-24"Eskom se eie data toon dat huishoudings en besighede ’n geraamde 4 400 MW fotovoltaïese sonkrag (FV) op die dak geïnstalleer het, wat volgens onafhanklike energie-ontleders dubbel die sonkragkapasiteit is wat onder Eskom se vier bodvensters verkry is. Hierdie merkwaardige prestasie is in net een jaar behaal."
Suid-Afrika rol die rooi tapyt uit vir Rooi-China
2023-08-23"Nadat Xi Maandagnag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg aangekom het, is hy verwelkom met ’n kulturele sang- en dansoptrede asook ’n militêre parade deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag."
Nederland kry ’n nuwe politieke party
2023-08-22"In Nederland is die nuweling in die politieke skrum, die konserwatiewe politikus Pieter Omtzigt se Nuwe Maatskaplike Kontrak, beslis ’n party om dop te hou."
Veelpartyhandves vir Suid-Afrika meer as net anti-ANC
2023-08-18"Daar is ooreengekom dat hulle gedeelde visie vir Suid-Afrika ’n nuwe regering sal wees wat ’n regverdige, inklusiewe en welvarende Suid-Afrika bou, gebaseer op geleenthede, vryheid en veiligheid vir al sy burgers."
"Nieuwkomers": Hoe om deur immigrasie die nuwe met die oue te versoen
2023-08-18"In wese kom dit daarop neer dat ruimte geskep moet word vir die nuwe, indien 'vreemde', tradisies en waardes wat saam met die 'nieuwkomers' aankom. Omdat dit nie ’n koloniale of imperiale inval is nie – nie Rusland wat op grondgebied beslag lê teen die bepalings van internasionale konvensies nie – is die versugting van die nuwelinge gewoon dat hulle hul geloof en gebruike moet kan uitleef. Of so wil dit voorkom ..."
Werkloosheid daal effens, maar miljoene jeugdiges sit op straat
2023-08-17"Geslagsverskille in die arbeidsmark duur ook voort. Statistiek SA sê die syfers eggo die behoefte om die verbetering van vroue se algehele deelname aan indiensneming te versnel."
Ramaphosa se stilswye oor plaasmoorde krap opposisiepartye om
2023-08-16"President Cyril Ramaphosa se stilswye oor die groot aantal plaasmoorde die afgelope tyd het opposisiepartye soos die DA en VF Plus die harnas in."
Eskom voorspel ’n donker beurtkragweek
2023-08-15"Om noodreserwes aan te vul sal fase 1-beurtkrag gedurende die dag tussen 05h00 en 16h00 geïmplementeer word, en sal fase 3-beurtkrag oornag van 16h00 tot 05h00 voortduur. Hierdie patroon sal onbepaald herhaal word."
Opposisiepartye gaan die net wyer span om die ANC te verslaan
2023-08-11"Die ses partye het Donderdag in ’n gesamentlike verklaring gesê hulle het met ’n proses begin om uit te reik na leiers oor ’n wye verskeidenheid van die burgerlike samelewing om hul leiding te soek voor die nasionale konvensie wat volgende week op 16 en 17 Augustus in Kempton Park gehou word."
Persbericht: 30 jaar democratie in Zuid-Afrika
2023-08-10In 2024 viert Zuid-Afrika 30 jaar democratie. Op donderdag 24 augustus blikt Philda Essop terug op hoe het leven is veranderd voor de Zuid-Afrikanen sinds ze voor het eerst hun kruis op het stembiljet zetten bij de allereerste democratische verkiezingen in het land in 1994.
Vonke spat tussen Kaapstad se burgemeester en Cele oor taxistaking
2023-08-10"Cele beskuldig Hill-Lewis daarvan dat hy nie bereid is om met die nodige rolspelers te onderhandel nie, terwyl die stad se burgemeester weier om met 'misdadigers' te onderhandel."
Lily-mynslagoffers se families wag al sewe jaar vergeefs vir bystand
2023-08-09"Die families van die drie slagoffers wag steeds op antwoorde nadat die myneienaars en die regering versuim het om hulle by te staan en die lyke terug te kry."