Lekker Afrikaanse woordeskat: kanalla, poenankies, nxa!

  • 0

Afrikaans is een van die 11 amptelike tale in Suid-Afrika. Dit is die derde mees gesproke taal in die land, na Zulu en Xhosa.

Afrikaans bestaan uit baie variëteite, byvoorbeeld:

Standaardafrikaans (waaronder Gariep-Afrikaans, Griekwa-Afrikaans, Nama-Afrikaans, Afrikaans van die karretjiemense, ens)

Kaaps (waaronder bv Kaapse Moesliemafrikaans)

Oranjerivierafrikaans (waaronder Namakwalands, Griekwa-Afrikaans, Rehoboth-Afrikaans, Richtersveld-Afrikaans, ens)

Oosgrensafrikaans (waaronder bv Flaaitaal/Tsotsitaal).

Woorde uit verskillende Afrikaanse variëteite

Hier is ’n lys van lekker woorde uit verskillende Afrikaanse variëteite:

  • poenankies (oulik) (Kaaps)
  • kanalla (asseblief) (Kaapse Moesliemafrikaans)
  • sjoekran (dankie) (Kaapse Moesliemafrikaans)
  • xhoulag (uitspattig lag) (Oranjerivierafrikaans)
  • xhouboe (terneergedruk wees) (Oranjerivierafrikaans)
  • ntarra (vertroetel; aanmoedig) (Oranjerivierafrikaans)
  • kop toe vat (ernstig opneem) (Oranjerivierafrikaans en Standaardafrikaans)
  • nxa! (goed; cool; lekker) (Oranjerivierafrikaans)
  • vedala (nie na wense nie) (Kaaps)
  • gwarra (koggel met ’n byt) (Oranjerivierafrikaans)
  • sharp (goed; reg so) (Kaaps woord met ekwivalent in Flaaitaal/Tsotsitaal)
  • mos (inderdaad; immers) (Standaardafrikaans)
  • entjie (sigaret) (Kaaps)
  • aweh! (algemeen-gebruiklike groetvorm) (Kaaps)
  • babbelas (toestand a.g.v. te veel drank) (Standaardafrikaans)
  • aitsa (uiting van verrassing of skertsende lof) (Standaardafrikaans)
  • eina (uitroep van pyn) (Standaardafrikaans)
  • baie (’n groot aantal; veel) (Standaardafrikaans)
  • nemma/nemmatjies (netnoumaar: netnou; straks; oor ’n rukkie) (Kaaps)

 Dieselfde woorde, verskillende betekenisse:

duidelik 

  • duidelik/dydelik (ongetwyfeld goed; om oor opgewonde te raak) (Kaaps)
  • duidelik (goed sigbaar; begryplik; vry van twyfel) (Standaardafrikaans)

kwaai

  • kwaai/gevaarlik (uitstaande) (Oranjerivierafrikaans)
  • kwaai (goed; lekker; fantasties) (Kaaps)
  • kwaai (sleg-gehumeurd) (Standaardafrikaans)

tannie

  • tanie (ma) (Kaaps)
  • tannie (tante; enige ouerige vrou) (Standaardafrikaans)

woelig

  • woelag (indrukwekkend; onverbeterlik) (Kaaps)
  • woelig (rusteloos; onrustig; erg beweeglik) (Standaardafrikaans)

boer

  • boere (polisiebeamptes) (Kaaps)
  • boer (die boerdery waarneem) (Standaardafrikaans)

uitsteek

  • ytstiek/uitstiek (opdaag; jou opwagting maak) (Kaaps)
  • uitsteek (buitentoe uitstaan of laat uitstaan) (Standaardafrikaans)

bad

  • bad (verkwis) (Kaaps)
  • bad (hol voorwerp of kuip waarin ’n mens bad) (Standaardafrikaans)

 

Lees ook:

Afrikaans: 10 kitsfeite

Menán van Heerden
Over taal

"Hierdie kreoolse taal het in die 17de eeu ontwikkel in die Nederlandse kolonie, die Kaap van Goeie Hoop, onder die invloed van Nederlands, Khoi-Khoi en die gesproke taal van die slawe (bv Maleis)."


Afrikaans: the language of dissent

Menán van Heerden
Seminare en essays

"The language also bears the imprint of a fierce tradition of anti-imperialism, anti-colonialism, of an all-embracing humanism and anti-apartheid activism."


 

Bibliografie:

  • pharosaanlyn.co.za.
  • Hendricks, Frank en Charlyn Dyers (reds). 2016. Kaaps in fokus. SUN MeDIA.
  • Kulsen, Anzil en Menán van Heerden. 2017. “Oranjerivierafrikaans is nxa!”: ’n onderhoud met Anzil Kulsen. LitNet. http://www.litnet.co.za/oranjerivierafrikaans-nxa-n-onderhoud-met-anzil-kulsen.
  • Le Cordeur, Michael. 2011. Die variëteite van Afrikaans as draers van identiteit: ’n sosiokulturele perspektief. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(4):758–77.
Buro: MvH
  • 0
Top