Muchu gustu: Die eiland en die honde

  • 0

plastic
op het hoofd en de vingers van de vrouwen
vrouwen met krulspelden
de huizen in snoepkleuren
de kerken
de in de kleur van rijpe bananen geschilderde kerken
de tamarindebomen
de leguanen
de hagedissen met de half geamputeerde staarten
de loslopende geiten
de kraaiende hanen
de aan bomen geketende honden

As ek terugdink aan Aruba (waar my ma gebore is) of Sint Maarten, waar die meeste van my familie later na toe getrek het, is daar altyd twee dinge wat prominent spook in my geheue. Daar is die spesifieke reuk, wat so moeilik is om vas te vang of te beskryf – die reuk van warm lug en iets wat muf, asof ’n asdrom omgeval het lank gelede en nooit verwyder is nie. Dit is nie ’n pregnante stank nie, maar dit ruik effens na armoede, na verval, na grys poele. Die tweede element is die rondloperhonde. My ma het self ’n rondloperhond aangeneem toe ek ’n kind was. ’n Brakkie – haar naam was Jessie en sy het 20 jaar oud geword.

Orals sien mens honde draf, en nadat die orkaan Irma, wat Sint Maarten, Sint Eustasius en Saba so ongelooflik hard getref het verlede jaar September, is daar sekerlik nou nog meer honde en ander diere wat sommer net losloop. Ek onthou die vakansies en die lomerige maande op Phillipsburg waar my oupa sy eie vissershuis gebou het op die strand in die laat sewentigs toe hy en sy tweede vrou van Aruba na Sint Maarten verhuis het. Van die stoep spring mens só op die strand en in die vroeg-vroegoggende kom my oupa se vriende in hul bootjies en skree vir hom: “Freddy! Freddy! We got some!” en dan hou hulle van daardie groot visse op. Dit was vir my as ’n klein seuntjie groot magiese tye – alles was so anders daar as my lewe in Den Haag. Op die eiland stap jy sommer met plakkies of kaalvoet heeldag; daar was vryheid, reuke, vrugte, die see dag en nag in jou ore; jy speel heeldag sokker op die strand, altyd ’n potblou lug, die familie wat elke dag van ’n ander samestelling was, warm maaltye in die oggend en in die middag, bakkies (in Nederland het mens nooit in ’n bakkie rondgery nie); en daar was orals mense wat gelyk het soos ek – ek het ooit “uit” gevoel nie.

Aruba, Curaçao, Bonaire, Sint Maarten, Sint Eustasius en Saba

Daar was ’n pragtige groot boom op die veranda geplant, en later toe my oupa aanbou, bly die boom daar staan en bou hy om dit heen, sodat daar ’n gat in die dak gemaak moes word waar die boom uitsteek. Blou mure, rooi mure, geel mure, ’n bietjie soos die kleure van die huisies in die Bo-Kaap. Alles reg by die strand, en via ’n stegie staan mens aan die anderkant op Voorstraat.

En altyd was daar honde; niemand het na hulle gekyk nie. Van daardie tyd af assosieer ek honde nie noodwendig met armoede nie, maar wel met lewens waarin oorleef moet word, met swaarkry en verwaarlosing. ’n Hond was vir die meeste eilandbewoners ’n gegewe, maar nie soos ’n huisdier ’n gegewe is nie. Nie dat jy met jou honde gaan stap of so iets nie, of dat jy vir hulle kos koop en veearts toe vat nie. Die honde wat deur my herinnering drentel, het oënskynlik geen eienaar gehad nie, maar hoewel hulle maer was, was hulle oor die algemeen nie ondervoed nie.

Mens hou nooit op om aan jou persoonlike geskiedenis te kou nie, maar so nou en dan kom jou verlede sterk by jou terug, deur mense wat jy ontmoet, plekke wat jy herbesoek, of dinge wat jy lees. Die afgelope tyd is die honde op die eiland weer in my kop deur ’n pragtige digbundel wat onlangs in Nederland verskyn het: Habitus (2018), geskryf deur Radna Fabias (geb. 1983). Dit is ’n omvangryke versameling gedigte wat tematies verband hou met die lewe op ’n Karibiese eiland – in dié geval Curaçao, waar Fabias gebore is – en die “nuwe” lewe, op later leeftyd, in Nederland. Die eilande is bekend oor hulle idilliese strande en hulle toerismebedryf wat stadig maar seker die natuur vernietig. Ná Irma is die “Bovenwindse Eilanden” ’n chaos, en ook die daaglikse werklikheid van Aruba, Curaçao en Bonaire is nie rooskleurig nie. Ondanks die misstande is dit egter steeds ’n plek waarna mens terugverlang. Want verlange is irrasioneel.

Fabias open haar digbundel met die lang gedig “wat ik verstopte”. Daar is ’n wêreld in haar wat sy weggesteek het, maar skynbaar nie meer nie – “verstopte” is mos die grammatikale verlede tyd. Asof die spreker nou eers durf of kan erken wat haar identiteit gevorm het. Die gedig is ’n mengeling van heimwee en walging en verlange en woede, en die spreker kan eintlik nie anders as om beelde en voorvalle agtermekaar op te som nie, 16 bladsye lank:

de geblindeerde ruiten van de auto’s met de glimmende velgen
de ver naar achteren leunende bestuurders van de auto’s met de geblindeerde ruiten en de
glimmende velgen
de explosieve bassen uit de in de kofferbak geïnstalleerde subwoofers
het stof van de dorre velden
en haarvet: groen
of de zwarte versie

Daar is niks glansend of aanloklik aan hierdie opsomming nie, maar hoe herkenbaar is dit nie! Ek ruik weer die grond, die sand, die sweet, die stank; ek hoor die geraas, ek sien die ouens en die meisies en die coolness en die spoggery. ’n Wêreld wat vanselfsprekend is – tot jy verhuis, na byvoorbeeld Nederland.

Daaroor sê Fabias in ’n onderhoud met De Volkskrant op 6 Maart:

De Antillianen over wie vaak wordt gesproken, zijn uit economische overwegingen naar Nederland gegaan. Ik ben ook opgegroeid met paradijselijke verhalen over werkgelegenheid en uitkeringen. Minder zichtbaar zijn de mensen die hier kwamen voor een vervolgstudie, de bursalen. Een etnisch en sociaal-economisch zeer diverse groep. Ik was 17 en wilde naar de kunstacademie. Die was er niet op het eiland.

Die status wat jy in jou eie habitat het, verander, of is selfs niks werd in die nuwe, vreemde, Westerse plek nie:

Ik heb ongemakkelijke metamorfoses gezien. Gouden naamkettingen gaven hier [in Nederland, AS] een ander signaal af dan daar. Op Curaçao is bijna iedereen meertalig. Het Nederlands [op Curaçao, AS] is doorspekt met Engelse leenwoorden. Hier [in Nederland] werd dat aanstellerig. Sommigen kozen een nieuwe tongval. Of kochten extensions met mensenhaar in plaats van de plastic weaves die hier iets anders betekenden. Vrouwen vroegen zich af hoe strak [styf, AS] hun kleding nog mocht zijn nadat ze een academische studie hadden genoten.

Vanselfsprekend is migrasie en identiteit vir Fabias belangrike onderwerpe om oor te skryf. Maar hóé skryf mens oor jou plek, wat nie meer heeltemal jou plek is nie? Dikwels is dit vir groepe wat op ’n manier minderwaardig voel, belangrik om die dirty laundry nie weg te steek nie – iets wat ook in die Afrikaanse literêre wêreld ’n rol speel – sien byvoorbeeld die bespreking tussen Shirmoney Rhode en Nathan Trantraal.

Fabias sien albei kante van die saak:

De angst voor nestbevuiling is groot. Voor mij is het eiland een plek van schoonheid, maar ik zie ook vrouwonvriendelijkheid en homofobie. Op WhatsApp vroeg mijn familielid: zijn die dingen [waaroor Fabias dig, AS] bewezen of is het een mening? Ik heb gezien hoe hij zelf omgaat met vrouwen. En hoe hij zegt: ik heb niets tegen homo’s, maar van mij mogen ze geen kinderen adopteren. Als hij zo’n vraag stelt, begint mijn bloed te koken. Het zou makkelijk zijn om wat academische taal op hem te smijten en mezelf daarna superieur te voelen. Hij leeft in een andere werkelijkheid. Ik kom uit die wereld, het is wat ik nog steeds ben. Maar nu heb ik te veel vormen van uitsluiting gezien en ervaren om te zwijgen. Het is ongelooflijk lastig de woorden te vinden voor zo’n gesprek.

Bij afkomst kijkt men vaak naar kleur. Natuurlijk is dat een element, alleen niet de enige bron van uitsluiting. Ik hoop dat het niet klinkt alsof ik racisme bagatelliseer, maar er zijn ook zwarte mensen met privileges. Een academisch geschoolde zwarte vrouw die een witte man zonder middelbareschooldiploma vertelt dat hij een racist is, zonder in dat gesprek mee te nemen welke verschillen in macht er verder bestaan tussen deze twee personen – dan communiceer je niet. Hoe nuttig het universitaire idioom van postkoloniale studies, genderstudies of vrouwenstudies ook is, niet iedereen kan die taal decoderen. Soms hoor ik zwarte mensen tegen witte mensen praten op een manier die ze zelf nooit zouden accepteren.

Radna Fabias is in alle opsigte ’n groot aanwins vir die Nederlandse poësie en die lettere: ’n talentvolle swart, vroulike stem met ’n belangrike storie, wat nuwe gebiede en denkwyses oopskryf. Soos sy sê:

In Nederland kent men Frank Martinus Arion, Boelie van Leeuwen en Tip Marugg. Alleen mannen. Voor een groot deel wordt het eiland gedragen door vrouwen. Als kind voel je hun [die vroue s’n, AS] autoriteit, en hard ook, maar waar is hun stem? Aan mijn familielid vroeg ik: wat is het gevolg van mannen die met hun zaad strooien? Een man die vier kinderen maakt bij een vrouw en dan weggaat – wat zijn de financiële gevolgen voor haar? Veel vrouwen komen terecht in de overlevingsmodus, ze leven vooral voor hun kinderen. Literatuur is dan een decadente bezigheid, maar die vrouwen hebben ook een stem.

Die ooreenkomste met die lewe op die Kaapse Vlakte is nie vergesog nie. Die debuut van Radna Fabias in Nederland kan wat my betref vergelyk word met die debuut van Ronelda Kamfer in Afrikaans. Die trefkrag is enorm; dit is ’n kragtige en veelsydige digterskap uit eie reg. En ja, daar is baie honde in Habitus, honde wat nie vertroetel word nie en wat dikwels die harde lewe op die eilande weerspieël. ’n Oorweldigende debuut.

in het voorbijgaan

het gewicht van een over het asfalt razende auto
botst tegen het lichaam van een hond
de chauffeur is niet verzekerd en rijdt door
met een hondvormige deuk in zijn auto

de hond piept na

de stervende hond wordt nu herhaaldelijk overreden door elkaar opvolgende auto’s
het geluid van brekende botten stijgt op naar de zuiver blauwe hemel boven het asfalt
waar de stervende hond blijft liggen

hier zucht de hond het leven uit

de dode hond ligt nu in de hitte
het lijkt alsof de hond in zijn eigen bloed slaapt

nu zwelt de hond op

de hond lijkt nu overgewicht te hebben
twee van de vier verbrijzelde poten wijzen naar de lucht  

de hond is opgezwollen

nu ontploft de opgezwollen hond
de warme ingewanden van de gestorven hond springen uit zijn lichaam
de gestorven hond een huls

het vermorzelde karkas van de hond lijkt nu op een leeggelopen bloedballon of een heel
vies kleedje

de stank stijgt op naar de zuiver blauwe hemel boven het asfalt waar de gestorven hond
blijft liggen

de hond is nu omringd door vliegen

Bibliografie

Fabias, R. 2018. Habitus. Amsterdam: Arbeiderspers.

Buro: MvH
  • 0
Top