Afrikaans: ’n skat vir Germaanse taalkundiges in die buiteland

“Selfs Patagoniese of Namibiese Afrikaans wil hulle nie soos egte Germaanse dames gedra nie en die gevolg is dat Afrikaans dikwels as verwysingspunt gebruik word om op vernuwing te wys en nuwe teorieë te toets.” Roné Wierenga vertel meer oor die derde Afrikaans Grammar Workshop (Amsterdam) en die Zürich Workshop on Afrikaans Linguistics.