Aldo Manuzio se Pieter Rouwendal: "Ik geef graag die boeken uit, die ik zelf niet meer weg kan leggen"

Werke van skrywers aan die orde van Dan Sleigh, Wilma Stockenström en Karel Schoeman verskyn al geruime tyd in Nederlandse vertaling by die uitgewery Aldo Manuzio. En danksy die PEN Afrikaans-vertaalfonds kry Afrikaanse fiksie toenemend raklewe in die Nederlande. Die uitgewer Pieter Rouwendal het met Willem de Vries oor sy liefde vir Afrikaanse skryfwerk en planne gesels.