Anne-Marie Beukes

Anne-Marie Beukes is professor in linguistiek en hoof van die Departement Linguistiek aan die Universiteit van Johannesburg. Die departement bied ’n voorgraadse BA-program in taalpraktyk aan, asook nagraadse programme in toegepaste linguistiek (met spesialisering in vertaling, tolking, teksredigering en taalonderrig).

Anne-Marie is ook die voorsitter van die SA Vertalersinstituut (SAVI); ’n voormalige visepresident van die Internasionale Federasie van Vertalers (FIT) en ’n voormalige raadslid van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT). Sy is ’n NRF-gegradeerde navorser en ’n SAVI-geakkrediteerde vertaler. Sy is voorsitter van die Afrikaanse Taalraad.

Verified by MonsterInsights
Top