Bevorder ons patriotisme of paternalisme?

“Niemand kan egter stry oor die vergrype, vernedering en onderdrukking wat in die verlede teen die swart meerderheid gepleeg is nie; dat regstelling moet geskied, is ’n morele verpligting. Hoe dit gedoen kan word sonder om ’n nuwe soort diskriminasie te pleeg, is egter ’n vraagstuk wat nie genoegsaam onder die loep kom nie – en waarom nie?”