Boeken uit het Huis: Marita van der Vyver aan die woord oor haar jeugmemoires

“Indien ek ’n bewussyn, ’n groeiende bewussyn, van my eie sterflikheid gekry het ná my 60ste verjaardag, dink ek het Covid die héle wêreld bewus gemaak meer as ooit tevore van hoe fragiel die lewe is, van hoe vinnig alles kan verander. Ons lewe het so ingrypend verander. Dis ondenkbaar waardeur ons nou lewe vergeleke met ’n jaar en ’n half gelede.” ‒ Marita van der Vyver