Commendatio: Van Ewijck-Stigting se Prestasie-prys toegeken aan Ingrid Glorie

Die Van Ewijck-Stigting se prys vir die bevordering van die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland word vanjaar toegeken aan Ingrid Glorie. Vanaf 2021 is sy die inisieerder en samesteller van ’n nuwe reeks praatjies van die Zuid-Afrikahuis in samewerking met die Nederlandse Taalunie, “Boeken uit het Huis”, oor Afrikaanse boeke. Tydens hierdie gesprekke, wat ook aanlyn beskikbaar is, word gebruik gemaak van die beginsel van “luistertaal”, waarby Nederlands en Afrikaans op ’n natuurlike wyse afgewissel word.