"Ek het regtig uit pure frustrasie op my fiets geklim en dit as my vervoer werk toe begin gebruik. Maar daar gebeur iets met ’n mens op daardie ysterperd. Jy leer jouself beter ken en jy ontdek nuwe lae van jou samelewing. Dit is een ongelooflike avontuur – en dit is moontlik!"