"Nzimande se taktiek om inheems as begrip te verruim, laat dié heromskrewe begrip onder sy eie teenstrydighede en absurditeite inmekaar stort. Die gevaar bly wel dat Nzimande se opponente nie sal insien dat sy verruiming van die begrip ongeregverdig en onhoudbaar is nie."