"Die aanlyn massas is blykbaar onder die indruk dat die blote uitroep van ’n ideologiekritiese begrip die oordeel finaal vel, so asof die verbaliteit daarvan ’n magiese spreuk is wat die realiteit afskaaf om binne die spreker se vooropgestelde gevolgtrekking te pas. Dit roep as’t ware die beeld op van karakters uit die Harry Potter-reeks, wat met ingewikkelde towerwoorde hul omgewing kan manipuleer."