Alles behalwe die waarheid: Die sesde simposium vir internasionale Afrika-vroueskrywers met Chris Steyn en Redi Tlhabi

  • 0

Op Vrydag 30 November 2018 om 18:30 bevind aktiviste, joernaliste, mediakenners en akademici hulle in die donker, rooibeligte Fringe-teater in Johannesburg. Dié aand vorm deel van die sesde simposium vir internasionale Afrika-vroueskrywers wat in samewerking met die Departement van Kuns en Kultuur gereël is. Voor die gehoor sit Chris Steyn, medeskrywer van The lost boys of Bird Island (2018), en Redi Tlhabi, skrywer van Khwezi (2017). Die gesprek, gelei deur ’n ereprofessor aan die Universiteit van Kaapstad, Nomboniso Gasa, handel oor die skryf van waarheid te midde van die hedendaagse tydsgees.

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top