"Solank skole vol is en daar voldoende leerders van ’n bepaalde taalgemeenskap is, sal hulle die reg hê om onderrig in hulle taal te ontvang. Dit word gewaarborg in artikel 29(2) van die Grondwet. Die uitdaging kom gewoonlik waar die skool nie vol is nie en daar ’n ander taalbehoefte in die gemeenskap is." Jaco Deacon, Fedsas se uitvoerende hoof, beantwoord Naomi Meyer se vrae oor die bekragtiging van wetgewing en oor wat dit vir ouers van kinders in Suid-Afrikaanse openbare skole beteken.