Bradley van Sitters se staatsrede-lofsang: Khoekhoegowab-, Nama- of "KhoiSan"-seënbede?

  • 0

Bradley van Sitters het oornag bekend geword met die debat rondom die taal wat hy gepraat het tydens sy lofsang voor president Ramaphosa se staatsrede in die parlement op 20 Junie. Van Sitters, die eerste Khoi-lofsanger wat een van ons presidente al voor ’n staatsrede geprys het, het kritiek uit verskeie oorde ontvang. Kritici en ondersteuners het na verskeie tale en terme verwys (die “Khoisan-taal”, Khoekhoegowab, Nama en die groep Damara-Namas). Hier volg wat kenners op LitNet, Menán du Plessis en Kerry Jones, in die verlede oor die definisies van hierdie tale, die betrokke etniese groepe, en Khoekhoegowab as medium van onderrig gesê het.

 
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top