"Ek staan gereeld in verwondering oor hoe soepel taal kan wees. Hierdie naweek, byvoorbeeld, is die woord raygun gebore. Om te raygun is om klaaglik te misluk in iets wat jy met groot selfvertroue aanpak. Net iemand wat in afsondering en sonder enige digitale toegang tot die wye wêreld lewe, ken nie teen hierdie tyd die naam van die persoon wat heel laaste gekom het in die Olimpiese Spele se breaking-kompetisie nie."