"Dink hoe anders sou geskiedenisboeke uit my skooljare daar uitgesien het as die Slag van Bloedrivier vertel was uit die oogpunt van die Zoeloe-stryders. Of die aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap uit die perspektief van die Khoikhoi. Dink hoe anders sou ons literêre geskiedenis lyk as die plaasroman deur die plaaswerker geskryf was."