"Anders as sy voorganger se sosialistiese en anti-elitistiese retoriek (die plasing van blaam op witmonopoliekapitaal vir die werkloosheid, armoede en ongelykheid in die samelewing en die regstelling daarvan deur 'radikale ekonomiese transformasie') het Ramaphosa, soos president Bolsonaro van Brasilië, ’n nuwe liberale koers ingeslaan en sy retoriek daarby aangepas."