Reis saam met die Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein terug in tyd. Leana Lategan gaan tweeweekliks interessante, waardevolle en soms byna vergete argief-items met LitNet-lesers deel. Jan Rabie is eerste aan die beurt, maar nuwe ontdekkings wag: Langenhoven se houtsneewerk; ’n handvol kinderboeke uit boekrakke van vergange jare; dalk die valstande van Erich Mayer, of die Rococo-meubels van Nancy de Villiers ... Wie weet?