Die Grondwet word tans aan allerlei aanslae onderwerp. In weerwil van pres Cyril Ramaphosa wat haar analise as ’n “hersenskim” voor die Zondo-kommissie bestempel het, trotseer Christi van der Westhuizen in haar eerste, gereelde Nuusknars-podsending tog maar weer die sleurstrome van ideologie, politiek en korrupsie waarin Suid-Afrika heen en weer gepluk word. Nuusknars analiseer die postkolonie deur nuusgebeure van verskillende hoeke te bekyk.