"Daar is al ’n lang pad gekom met Afrikaans, en daar gaan nog harde bene gekou en ver gestap word. Jansen se onvermoë om ’n genuanseerde prentjie van die Afrikaanse gemeenskap te aanvaar is kortsigtig en bevooroordeeld, want hy versuim herhaaldelik en nougeset om sy posisie oor Afrikaanstaligheid in die lig van die feite te hersien."