"Staan uit die water uit! (Kwela Boeke, 1996) is waarskynlik die eerste boek in Afrikaans oor ’n werkersgemeenskap wat van binne uit geskryf is deur ’n volmondige lid van daardie gemeenskap ... Karel Benjamin gebruik die uitsonderlikste Afrikaans [wat] ryk is aan uitdrukkings onbekend aan ons ... Inderdaad ’n outentieke nuwe stem in Afrikaans. En ’n nuwe soort skrywer in Afrikaans."