"Dis onvermydelik: Op een of ander stadium moet ’n mens by ’n tandarts uitkom, of jy nou in Tietiesbaai of Timboektoe bly. In Suid-Afrika was my tandarts Emma – ’n sagte mens met helderblou oë. Emma het my altyd laat kies tussen vyf geure wanneer sy my tande gepoleer het. Min het ek geweet hoe baie ek eendag vir Emma sou mis."