"Die boek het ’n rugbyfokus, maar ek skryf ook breedvoerig oor staptogte soos die Kumano Kodo en die Nakasendo. Ek sou myself nie uitgee as ’n kenner van Japannese kultuur nie – ek is veel eerder maar net ’n nuuskierige, lomperige, amper veertigjarige vent wat hou van soesji en alliterasie."