Suid-Afrika in 2024: Hoe groot is die krisis?

  • 0

"Hoe koalisiepolitiek gaan uitspeel, kan vorentoe uit eie reg ’n belangrike en selfs deurslaggewende faktor wees op die pad van fundamentele hervorming. Indien die proses verkeerd loop, hou dit ’n groot bedreiging in vir Suid-Afrika as ’n konstitusionele demokrasie, asook die 1996- grondwetlike bedeling." In sy LitNet Akademies-artikel sit André Duvenhage (2024) ’n motivering en strategie vir die fundamentele hervorming van die Suid-Afrikaanse staat uiteen. In aanloop tot die 2024-verkiesing gesels hy en Menán van Heerden oor die staatskrisis.

 
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top