"Maar nou ja, 'Stellies' het sy bed opgemaak, die koeël daar is deur die kerk – sowel vir ware uitnemendheid as vir Afrikaans – en dit sal nie help om krokodiltrane te stort oor wat alles daar kon wees nie. Dis veel sinvoller om te dink oor wat vandag nog oor die algemeen binne die eietydse Suid-Afrikaanse universiteitswese gedoen kan word om ware uitnemendheid, akademiese integriteit, skeppendheid, nuwe bondgenootskappe en die bou van studente se karakters te bevorder."