"Die enkeles wat behoorlik vergoed word vir hulle werk, is dié wat gelukkig genoeg is om tekste te hê wat in skole gebruik word. Maar die wetsontwerp maak dit nou vir die Departement van Basiese Onderwys moontlik om opvoedkundige materiaal sonder die toestemming van skrywers, en sonder vergoeding aan hulle, te gebruik."