"Flieks, musiek, boeke, gedigte, skilderye, komedies, sketsprente ... alle denkbare vorms van kuns, kan in diens van verset gebruik word. Uit die aard van wat ek doen, is die woordkuns vir my belangrik. Woorde, of dit gesing, gepraat of geskryf word, kan ʼn verskil maak. Dit kan verborgenhede oopvlek."