"Die onderskeie kledingstukke (en hul assosiasies met spesifieke karakters) toon aan die leser dat klere meer is as net die snit, materiaal of kleur daarvan. Uit die ontleding van die tekste blyk dit ook dat klere ten nouste gekoppel word aan identiteit en dat klere selfs simbolies kan wees van ’n omruil en uitruil van identiteite."