Op Vrydag 9 Augustus 2019 het verskillende vroue by die Iziko Slave Lodge (Kaapstad) byeengekom om Vrouedag te vier. Diana Ferrus, Ntebaleng Morake en Bernedette Muthien het oor die struikelblokke wat Suid-Afrikaanse vroue ervaar en die rol van jong vroue in die Fallist-beweging gesels. Cliffordene Norton het die geleentheid bygewoon en foto’s geneem.