"Vir ’n gemeenskap wat reeds die kansellasie van geliefde programme soos 7de Laan en Pasella betreur, voel hierdie insident soos nog ’n teken van ’n sistematiese afskaling van Afrikaans deur die openbare uitsaaier. Ondanks die SAUK se herhaalde versekerings dat Afrikaanse nuus ’n prioriteit is, bly kykers skepties. Dit word gevoed deur jare se persepsies van marginalisering en ’n gebrek aan deursigtigheid."