Die duiwel is los oor "sataniese" kuns

“Die duiwel is behoorlik los soos wat Suid-Afrikaners mekaar in die hare vlieg oor ’n omstrede kunsuitstalling van ’n matriekleerling by die Curro-skool Grantleigh in Richardsbaai. Die skool het ná ’n hewige mediaherrie besluit om die omstrede uitstalling te onttrek nadat een van die ouers gekla het dit is satanies en laat die deur oop vir demoniese magte. In die video wat wyd op die internet gedeel is, vaar ’n ontstoke pa emosioneel uit teen die uitstalling.”