Die IVN-kongres in Nijmegen 2022

“Die kongres van die Internationale Vereniging voor Neerlandistiek (IVN) het van 22 tot 26 Augustus 2022 in Nijmegen plaasgevind. Dit was ’n mengelmoes mense van oor die wêreld (33 lande) met ongeveer 200 referate, panele, gesprekke, hooflesings of werkswinkels om aan deel te neem of by te woon. Dit was inderdaad ’n reusekongres en die sessies is verdeel in ses afdelings, naamlik letterkunde, kultuur, taalkunde, didaktiek, vertaling en die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN). Die aande was ook gevul met kultuurverrykende gebeurtenisse om by te woon.”