Die spesiespeurverhaal wat ’n Kaapse taalkundige help ontrafel

“Lank voor die koms van tegnologie vir klankopnames, het Levaillant hom ook gewend tot musieknote om byvoorbeeld die roep van ’n visarend op skrif neer te lê. Terselfdertyd het hy die duette van sekere spesies se voëlsang ontbloot.”