Die stilte van die lammers

“Die stilte van die lammers, en die stilte van die rowers en moordenaars, knaag aan plaasbewoners. Afrika is nie vir sissies nie, sê die wittes onder hulle een maal per week aan mekaar. Die smeulende konflik op die platteland word geëwenaar in die haatspraak teenoor wit mense en ‘witheid’ wat algemeen op sosiale media is. Al hoe meer boere dink aan oppak en trek. ’n Gesiene ekonoom praat in gunstige terme van die afskeiding van die Kaap.”