Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Struisbaai 1722 deur Jan Malan: ’n resensie

“Malan probeer in sy boek agter die kap van die byl kom van die mees romantiese van al die verdigsels wat oor die jare uit hierdie kontrei ontstaan het. Dit is die storie van die stranding van die VOC-skip die Schoonenberg in 1722 in uitstekende weersomstandighede in die baaitjie naby die huidige Northumberlandpunt.”