Digkuns en die wyshede van water

“Die Koninkryk van die Nederlande en ’n aantal Suid-Afrikaanse organisasies het in 2018 weer hande gevat om digkuns oor taalgrense heen aan te bied in Kaapstad. Onder die vaandel #cocreatePOETICA is 21 verskillende poësiegeleenthede tydens die jaarlikse Open Book Festival aangebied. Moeite is gedoen om veeltaligheid en kultuur onder die loep te neem.”