Drama in Nederlandse politiek en besoedelde grond

“’n Gewilde lid van die Tweede Kamer in Nederland, Pieter Omtzigt, verlaat sy party. Kroonprinses Amalia het haar gimnasium-eindeksamen geslaag, cum laude, en het aangekondig dat sy voorlopig sal afsien van die toelaag van €1,6 miljoen per jaar wat sy vanaf haar 18de verjaardag in Desember sou ontvang. In Zwijndrecht, naby Antwerpen in België, is inwoners verbied om groente uit hul eie tuin te eet. In België en Nederland lyk dit of die ekonomie aan die herstel is.”