Durende waardering en wedersydse betrokkenheid kenmerk Breytenbach se bande met Lae Lande

Breyten Breytenbach se dekades lange en wedersyds verrykende bande met Vlaandere en Nederland was op Saterdag 19 Maart 2022 by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in Kaapstad die onderwerp van ’n vraaggesprek wat Yves T’Sjoen met hom gevoer het. T’Sjoen het pas ’n boek oor die onderwerp klaargeskryf en dit sal in Mei vanjaar verskyn. Willem de Vries berig.