Eenders en anders: Nederlandse en Suid-Afrikaanse skole

In ’n onlangse artikel op Voertaal skryf Ingrid Glorie dat dit nie goed gaan met die Nederlandse onderwys nie. Naomi Meyer het met Jente Rhebergen, wat nagraads in Nederlands en Afrikaans studeer het en onderwyseres aan ’n Montessoriskool in Nederland is, oor die stand van die Nederlandse onderwysstelsel gesels.