Elisabeth Eybers, die vrou met ’n blou fiets in Amsterdam

“Ek ken min mense wat so lekker grappe kon vertel soos sy! Sy geniet dan altyd self die ‘punchline’ en kyk stralend as mens lag.” Ena Jansen, samesteller van die jongste Elisabeth Eybers-bloemlesing Immigrant, vertel van haar vriendskap met die digter.