Geagte meneer Masekela

“Meneer Masekela, hierdie is regtig ’n goeie song en ek verstaan nou vir die eerste keer waarom jy en Miriam Makeba oorsee is. Ek het van die Sharpeville-bloedbad geleer uit ’n skoolhandboek en het altyd net gehoop pouse breek aan sodat ek die kiewiete wat onder die rugbypale gebroei het kan gaan treiter met ’n tennisbal. Miriam sê jy het die song vir haar geskryf. Sy het drie familielede op daardie een dag verloor.”